‘n Ma van Massachusetts het glo Dinsdagaand twee van haar jong kinders verwurg en ‘n derde beseer voordat sy van die tweede verdieping van haar woning afgespring het.
People Magazine berig die ma, Lindsay Clancy (32), is in polisieaanhouding en word deur twee aanklagte van moord en drie aanklagte van aanranding in die gesig gestaar. Haar vyfjarige dogter, Cora, en haar driejarige seun, Dawson, is Dinsdag tydens die beweerde voorval oorlede.
Clancy, ‘n verpleegster, is in Boston in die hospitaal nadat sy van die tweede verdieping van die gesin se huis in Duxbury gespring het.
MassLive berig Clancy se man het noddienste gebel nadat hy Dinsdagaand by hulle huis op haar afgekom het.
Die drie kinders is “bewusteloos, met duidelike tekens van trauma” aangetref.
Cora en Dawson is later in die hospitaal oorlede. Hulle sewe maande oue boetie is na Boston gevlieg vir behandeling, berig The Boston Globe.
People Magazine berig die polisie het nie dadelik reageer met meer inligting nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



