‘n Bekende sakeman van Secunda en eienaar van die TW Group op die dorp is Sondag oorlede.
SA Rallying het die nuus op sy Facebook-blad bekendgemaak en gesê Billy te Water was ‘n groot ondersteuner en borg van die National & Northern Regions Rally Championship Events op Secunda.
“Ons medelye gaan uit na sy familie, vriende en kollegas. Billy, mag jy in ewige vrede rus. Dankie dat jy so ‘n sagte reus was. Jy sal gemis word.”
Verskeie nuusplatforms soos The Bulletin en Ridge Times Newspaper berig Te Water is omstreeks 14:00 oorlede toe weerlig hom getref het.
FiND iT het by die polisie navraag gedoen en wag nog vir terugvoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



