Opod ondersoek die dood van ‘n uitsmyter deur ‘n polisiebeampte

Deel hierdie storie / Share this story

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ‘n uitsmyter by ‘n kroeg in Kagiso, Krugersdorp, deur ‘n polisiebeampte op 27 Januarie 2023 om 23:55.

Daar word beweer dat ‘n polisiebeampte van die Wes-Randse infrastruktuureenheid na ‘n plaaslike kroeg gegaan het waar hy sy eks-meisie raakgeloop het. Hulle het ‘n rusie gehad wat daartoe gelei het dat hy haar aangerand het. Die uitsmyters by die kroeg het ingegryp. Die polisiebeampte het toe voortgegaan om met die uitsmyters te baklei.

Hy het na buite gegaan en met ‘n vuurwapen teruggekom en lukraak in die rigting van die uitsmyters begin skiet.

Een uitsmyter is na ‘n hospitaal geneem vir mediese aandag waar hy met sy aankoms dood is.

Daar is ook op een van die uitsmyters geskiet en hy het ‘n besering aan sy linkerknie opgedoen.

Ná die skietery het die beampte van die toneel gevlug en is later gevind waar hy in ‘n plakkershut drie huise weg van sy woning weggekruip het.

Die nadoodse-ondersoek sal op Maandag 30 Januarie 2023 gedoen word. – AfriNUUS