Sewe mense is dood in ‘n skietery in KwaZakhele in Gqeberha in die Oos-Kaap. Vier ander persone is beseer.
Daar word beweer dat ‘n onbekende man vanaand om 18:00 op ‘n groep mense by ‘n huispartytjie afgevuur het.
AfriNUUS verneem dat die voorval bendeverwant is.
Die polisie en nooddienste is op die toneel.
Vuyisile Ncata van Nelson Mandelabaai SAPD het dié nuus aan AfriNUUS bevestig.
Dit is ‘n ontwikkelende storie. – AfriNUUS



