Die polisie in Kabega Park vra die gemeenskap se samewerking om die familie van ‘n man wie se liggaam vandag in Greenbushes, Gqeberha gevind is, op te spoor.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê polisie het Sondagoggend omstreeks 07:20 oproepe ontvang oor die ongeluk wat op die hoek van Kaapweg en Nxotyoi-rylaan plaasgevind het.
Die onbekende man se liggaam het met verskeie beserings aan die kant van die pad gelê.
Volgens verslae het ‘n motor die man raakgery en weggery. Die man se liggaam is deur verbygangers gekry.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 302 6159 kontak.



