Gerhard Ackerman, wat na bewering ’n kindersekshandelsindikaat bedryf het, is Sondag by ‘n winkelsentrum in Roodepoort gevind en weer in hegtenis geneem.
Dit volg nadat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het en nie Donderdag vir sy hofverskyning opgedaag het nie.
Hy het na bewering oor die naweek verhuis en al sy bates verkoop.
Ackerman sal Maandag in die Gautengse hooggeregshof verskyn. Hy staan tereg op 740 aanklagte. Dit sluit in verkragting, verspreiding van kinderpornografie, kinderhandel en poging tot moord. –AfriNUUS



