Man ernstig beseer in botsing met ‘TLB’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (43) is ernstig beseer toe sy bakkie vanoggend in ‘n TLB op die Rondebult-pad in Sunward Park, Boksburg, vasgery het.

ER24-paramedici het met hul aankoms op die toneel die bestuurder in sy bakkie gevind. Hy het vasgesit en is deur spanne uitgehaal, waarna hy behandel en na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die TLB het geen beserings opgedoen nie.

Owerhede was op die toneel.

*Berig geredigeer na plasing