Vrou se liggaam op Kampsbaai-strand ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verbyganger het Saterdagoggend vroeg op die liggaam van ‘n onbekende vrou op die strand in Kampsbaai afgekom.

AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rakende die voorval word nog ondersoek.

AO Swartbooi kon aan FiND iT bevestig die vrou is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die Kampsbaai-polisie het ‘n saak geopen en is besig met verdere ondersoek.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 08600 10111 kontak.