‘n 29-jarige man is vanmiddag dood toe ‘n voertuig op Jarrah- en Oak-paaie in Benoni gerol het.
ER24-paramedici het om 16:29 op die toneel aangekom om ‘n voertuig teen ‘n betonmuur te vind en die jong man wat langs die pad gelê het.
Die pasiënt het noodlottige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie. Ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie en hy is met aankoms van nooddienswerkers dood verklaar.
Daar word beweer dat die man besig was om die voertuig op die plaaspaaie te toets toe hy beheer oor die voertuig verloor en gerol het.
Metropolisie was op die toneel vir ondersoeke. – AfriNUUS



