25 mense is in hegtenis geneem in verband met sabotasie, diefstal en bedrog by Eskom. Dit volg nadat die weermag by verskeie kragstasies oor die land ontplooi is om misdaad by die kragreus se sleutelinfrastruktuur hok te slaan.
Michael Currin, waarnemende regeringswoordvoerder, het dié nuus aan eNCA bevestig.
AfriNUUS het vroeër berig dat belastingbetalers meer as R206 miljoen bestee het om soldate by sy kragstasies oor 3 maande te ontplooi.
Weermaglede is ontplooi by vier kragstasies, naamlik Majuba, Camden, Grootvlei en Tutuka. – AfriNUUS



