Vlieërbranderplankryer breek sy been op see in Umhlanga

Deel hierdie storie / Share this story

Medi Response het vroeër vanmiddag na die Umhlanga-strand gehaas ná berigte van ‘n beseerde vlieërbranderplankryer (“kite-surfer”).

Met die aankoms van die nooddiens se reddingseenheid en ambulans is daar vasgestel dat ‘n vlieërbranderryer sy been gebreek het terwyl hy op ‘n vlieërbranderplank gery het.

Die beseerde man het daarin geslaag om sy pad na die wal te maak en hulp ontbied.

Gevorderde lewensondersteunende paramedici het na die man omgesien en hom gehelp om van die strand en na ‘n wagtende ambulans te dra.

Die man is hospitaal toe geneem vir mediese sorg. – AfriNUUS