Lindelani Nengovela (33) van Mangodi Ha Sidou, Polokwane, Limpopo, se liggaam is vanoggend in ‘n watergevulde puttoiletgat in die erf waar sy en haar man gewoon het, gevind.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê haar dood volg ‘n dag nadat sy hof toe gegaan het om ‘n saak van huishoudelike geweld teen haar man terug te trek.
Haar man is vanoggend vir haar moord in hegtenis geneem.
Die paar was na bewering in ‘n slegte verhouding en die slagoffer het ‘n saak van huishoudelike geweld oopgemaak, waarna die man in hegtenis geneem was.
Hy was op borg vrygelaat en moes volgende week in die Thohoyandou-landdroshof verskyn toe sy gister die saak van huishoudelike geweld in die landdroshof teruggetrek het.
“The suspect called the police this morning and reported that he could not locate his wife but was surprised to find her dead in the pit toilet hole in their yard.”
Nadat voorlopige ondersoek vanoggend plaasgevind het, is die verdagte in hegtenis geneem.
“This is yet another incident of Gender Based Violence and Femicide perpetrated against the vulnerable member of society. The woman obviously trusted her husband that he would not again physically torment her, but she is now no more. We urge community members having domestic challenges to seek help and desist from resorting to violence,” het lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris gesê.
Die verdagte sal na verwagting Maandag 30 Januarie in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



