Die stof wil maar nie oor Willem Kruger gaan lê nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die beweringe rondom Willem Kruger wat begin November 2022 vermis geraak het nadat hy ‘n ramparty op Henbase Lodge in Mpumalanga bygewoon en later binne sy bakkie in die Vaalrivier gekry is, wil maar nie end kry nie.

Die Geregtigheid vir Willem Facebook-blad het gister ‘n plasing wat deur die TrotsAfrikaans Facebook-blad gemaak is, gedeel en Corné Smith sê dit kon nie beter gestel gewees het nie.

“Ons sal aanhou lawaai en baklei tot die waarheid uitkom! Die stilte voor die storm.”

FiND iT het reeds in Desember 2022 gevra vir polisiekommentaar ná beweringe wat op sosiale media gemaak word.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het na gesprekvoering met die ondersoekbeampte aangeraai dat daar gewag moet word totdat die bevindinge van die na-doodse ondersoek voltooi is en amptelik deur die polisie bekend gemaak word.

Lees die TrotsAfrikaans Facebook-blad se plasing wat al meer as 5000 keer gedeel is, hier:

As geld (of mense wat dink hulle het geld) jou nie bangmaak, dryf of motiveer nie, dan is jy op ‘n goeie ’plek’ in hierdie lewe 😉

Willem, ons het jou nie geken nie, maar vanaand onderneem ons dat ons nie sal ophou lawaai maak, tot die waarheid uitkom oor wat daardie nag gebeur het nie.

Aan daardie individue wat WEET wat daar gebeur het, en steeds swyg…papier is geduldig …die waarheid gaan uitkom.’n Bietjie advies… kry jou kant so gou as moontlik skoon – gaan saam met jou pa na ‘n prokureur, kry iets op papier en onderhandel met die vervolgingsgesag…want, as jy dit nie blitsvinnig doen nie, gaan JY eventueel, met jou kakiebroek en velskoene, vir ‘n rukkie tjoekie toe. En daar gaan die familie se dik tjekboek jou nie help nie.

Ons gaan nie stop, voor daar nie #justiceforwillemkruger #geregtigheidvirwillem geskied het nie.

Ps. Moenie die krag van sosiale media onderskat nie.

📌Groot asseblief- kan elkeen wat hier lees asseblief die post share/deel. ‘Tag’ ook asb ten minste een van jou kennisse. Help ons om die wêreld warm te maak vir die individue wat weet wat op daardie noodlottige aand gebeur het.
Asseblief 🙏. #trotsafrikaans #vreesloosafrikaans #kyknoord

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.