Video: Gr. 8-seun in rolstoel inspirasie ná hy 400 m by skole-atletiek voltooi

Deel hierdie storie / Share this story

Timmy Richard, ‘n gr. 8-leerling aan HTD Drostdy, is ‘n voorbeeld vir almal met sy deursettingsvermoë en betrokkenheid nadat hy by sy skool se atletiekbyeenkoms die 400 m voltooi het.

Die skool sê op sosiale media dat die matrikulante Richard wou stoot, maar dat hy volgehou het dat hy dit self wou doen.

Die matrikulante het egter steeds die rondte saam met hom voltooi om hom te ondersteun.

“Wat ‘n ongelooflike treffende oomblik. Dit is wat ware Donkie-wees beteken!”

Kyk die video hier.