Selena Gomez sê sy gee nie om dat sy “‘n bietjie groter” is ná sy haarself tydens die vakansie geniet het nie.
Die aktrise en sangeres het na sosialemediagebruikers wat haar lyf ná die Golden Globes-geleentheid gekritiseer het, teruggekap.
Gomez het dié geleentheid in ‘n moulose Valentino-rok bygewoon.
Kort ná die geleentheid het Gomez in ‘n regstreekse video op haar Instagram-profiel gesê dat sy “nou ‘n bietjie groter is” omdat sy haarself tydens die feestyd geniet het, berig Page Six.
“Nè?” het sy aan haar klein sussie, Gracie Elliott Teefey (9) in die agtergrond gevra. – Page Six, Daily Express



