Drie mense is Vrydagoggend beseer toe die bus waarin hulle vervoer is, in die padversperrings langs die N1-hoofweg in Bloemfontein vasgery het.
ER24-paramedici en ander nooddienste het om 05:45 Vrydagoggend op die toneel aangekom.
Die bus het die linkerkantste baan geblokkeer en het gedeeltelik bo-op die versperrings gelê.
Verskeie insittendes is langs die pad deur nooddienste gevind.
Paramedici het die passasiers ondersoek. Slegs drie van 70 passasiers is beseer. Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie.
Die beseerdes is na ‘n provinsiale hospitaal vir behandeling geneem.



