Vier mans is gistermiddag ernstig beseer by ‘n fabriek in Burgundy Estate in die Wes-Kaap toe hulle van ‘n hyser geval het.
Met ER24 se aankoms op die toneel het hulle die vier mans naby die scissor lift gesien lê. Drie van die mans was in ‘n kritieke toestand en die vierde in ‘n ernstige toestand.
Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na hospitale geneem is vir dringende behandeling.
Die presiese omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie, maar owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.



