Vier vas na Indiese sakeman se ontvoering

Deel hierdie storie / Share this story

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ‘n Indiese besigeidsman wat pas by OR Tambo geland het, in Suid-Afrika ontvoer is.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die besigheidsman ontvoer toe hy Vrydag 20 Januarie by die lughawe geland het.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die besigheidsman deur ‘n sindikaat na Suid-Afrika gelok is,” sê brig. Mathe. “Nadat hy ontvoer is, het die ontvoerders ‘n losprys van sy familie in Indië geëis.”

Polisiespanne is ontbied om na die man te soek en Dinsdag 23 Januarie het die spanne op die verdagtes in die Fordsburg-area afgekom.

Vier selfone, insluitend die selfoon wat gebruik is om met die man se familie te kommunikeer, is tydens die arrestasies gekonfiskeer. Die slagoffer se horlosie en bestuurslisensie is ook in die verdagtes se besit gevind.

‘n Groot so geld, wat die polisie vermoed lospryse vir ontvoerings kan wees, is ook gekonfiskeer.

Die vier verdagtes sal na verwagting vandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Die slagoffer is veilig en ontvang berading.