Inhoud van Gerhard Ackerman se foon sal in hof bekendgemaak word

Deel hierdie storie / Share this story

Die inhoud van Gerhard Ackerman se foon sal Donderdag in die hof bekendgemaak word.

Ackerman is op 740 aanklagtes in hegtenis geneem nadat een van die kinders wat glo deel was van sy kinderseksring na vore gekom het. Ackerman word ondermeer aangekla van verkragting, poging tot moord, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie en mensehandel. Ackerman se medebeskuldigde, die regter en menseregteaktivis Paul Kennedy, het in 2022 selfdood gepleeg.

Die foon is as ’n bewysstuk geneem tydens Ackerman se inhegtenisneming. Daar is glo kinderpornografie op en boodskappe aan sy slagoffers en kliënte.

Die staat moes eers belowe dat hulle nie die hof sal blootstel aan pornografiese materiaal nie en dat die kinders se identiteite beskerm sal word.

Die eerste staatsgetuie, SAPD-kliniese sielkundige kol.Kirsten Clark, het aangevra dat die slagoffers deur CCTV en met die hulp van ’n “tussenganger” getuig.

Bronne: EWN, The Citizen, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat glo kinderseksring bestuur aangekla van poging tot moord