Krokodil vat liggaam van kind na boot

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vierjarige seun het in Indonesië verdwyn. Twee dae later het ’n krokodil met die kleuter se liggaam op sy rug tot by ’n visserman se boot geswem. Die vissermanne het die liggaam by die krokodil gevat en die krokodil het weggeswem.

Die kleuter, Muhammed Ziyad Wijaya, het glo in die rivier verdrink terwyl hy daar naby gespeel het. Die krokodil het sy liggaam gekry en na die boot geswem. Daar was geen bytmerke op Muhammed se liggaam nie.

Bronne: Urban Life, Daily Star, Indian Express

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Fase 5-beurtkrag van Donderdag tot Sondag