Drie gevaarlike gevangenes ontsnap in Limpopo

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Dennilton het ‘n grootskaalse soektog geloods na drie gevaarlike gevangenes wat Woensdagoggend omstreeks 11:00 op pad na Witbank vanaf Groblersdal ontsnap het.

Die drie verdagtes, Michael Masimula, Mahlatse Matebane en Lovemore Moshui, almal tussen die ouderdomme van 20 en 40 jaar oud, het Dinsdag in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

Die verdagtes was volgens die SAPD saam met drie ander gevangenes op pad na die tronk toe hulle ontsnap het.

Die verdagtes word as gevaarlik beskou en het op aanklagte van moord, verkragting, gewapende roof en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in die hof verskyn.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 079 894 5501 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel