Twee in hegtenis oor 479 kg dagga

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes van onderskeidelik 29 en 34 jaar oud is Woensdagoggend omstreeks 06:30 met 479 kg dagga gevang.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, was polisielede besig om motors te deursoek toe hulle ‘n wit Hyundai H1 gestop het. Die voertuig is deursoek en die polisie het op 14 plastieksakke vol dagga afgekom.

Volgens brig. Mohlala is die waarde van die 479 kg dagga ongeveer R700 000.

Die verdagtes sal vandag in die Sabie-landdroshof verskyn op aanklagte van daggahandel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel