Liggaam gevind – moontlik vermiste kleuter

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n kind is vroeër vandag in Glendale, KwaZulu-Natal gevind.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê Umhlali-polisiestasie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat ‘n liggaam op ‘n plaas gevind is. IPSS Medical Search and Rescue het ‘n oproep ontvang van ‘n boer in die omgewing dat daar op ‘n liggaam afgekom is.

Met aankoms op die toneel het IPSS Medical vasgestel dat dit wel die liggaam van ‘n jong kind is. Hulle het die gebied afgesper en die polisie verwittig.

Volgens IPSS is die liggaam steeds ongeïdentifiseer, maar is daar ‘n vermoede dat dit moontlik die liggaam kan wees van ‘n kleuter wat in Desember 2022 vermis geraak het.

IPSS het die Glendale-polisie bedank vir hul voortgesette ondersoek en ook die boer wat owerhede in kennis gestel het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.