Belle-Amé Scherman wat oorlede is nadat sy in ‘n eendedam geval het, se ouers het hartroerende boodskappe op sosiale media geplaas.
FiND iT het berig hoe Joel Scherman, Belle-Amé se oom, vir gebed gevra het vir die kleinding wat lank onder water was.
Kayla Scherman, Belle-Amé se mamma het die volgende boodskap geplaas:
Belle-Ame’ meaning a beautiful soul.
My meisiekind my bababoud…. woorde kan nie beskryf hoe ek voel nie maar ek het jou lief met alles in my. Ek pappa en boetie mis jou vreeslik. Dankie dat jy aan ons geleen is vir n klein rukkie. Forever and Always my Belliekies🖤😥 RIV my mooiste engeltjie. Andre Scherman
André Scherman, Belle-Amé se pappa het die volgende boodskap geplaas:
My liefste Bellies, vanaand waar ek hier in my bed lê verlang hierdie pappa hart so baie na jou. Ek soek jou al die heeldag hier om my, maar dan besef ek jy is terug na jou regte huis toe. Daar wag jy vir ons tot ons mekaar weer sien. Jou werk hier op aarde was vinnig gedoen, want jy het alles vreesloos en volspoed aangepak. Niks was vir jou moeite nie.
My liefie pop, my hart is in flarde.
Jy was so geliefd waar ookal jy gegaan het. Want wie kon nou jou mooi krullebos en blou ogies weerstaan. Soos mamma Kayla Scherman gesê het, jy lyk soos n engeltjie wat uit die hemel ontsnap het.
Dankie dat jy ons gekies het. Dat jy ons lewens kom vervul het met ware liefde, moed en glimlaggies.
Ek sal jou nooit ooit weer kan vashou nie. Saam jou hand om vinger buite kan rondloop nie, nooit ooit weer jou opgewondenheid aanskou as jy diere of voëltjies sien nie, nooit ooit weer hoor as jy sê, “pappa kyk da”, nie.
Dit was en is vir my die grootste voorreg om deel van jou lewe te kon wees, om jou pappa te kon wees. Liewe Jesus het jou kom haal om Hom ook so gelukkig te maak soos wat jy almal om jou, hier op aarde, gemaak het.
Ek is so baie lief vir jou my mooiste poppie.
Rus sag by liewe Jesus my Belle-Amé
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



