WHO soek ‘onmiddellike’ aksie na hoesstroop-sterftes

Deel hierdie storie / Share this story

Die WHO het Maandag gesê dat “onmiddellike en gekoördineerde aksie” geneem moet word om ontslae te raak van die hoesstroop wat honderde kinders in Afrika en Asië se dood veroorsaak het.

Meer as 300 kinders is in Gambië, Oesbekistan en Indonesië oorlede nadat hulle in 2022 gekontamineerde hoesstroop gedrink het. Die WHO het mense gewaarsku teen hoesstrope wat in Indonesië en in Indonesiese fabrieke gemaak is.

Daar is ook ’n waarskuwing uitgereik dat ouers twee keer moet dink voor hulle vir hul kinders hoesstroop gee.

Bronne: DW – South Africa, Reuters, CNBC TV

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Oesbekistan verbind kindersterftes met hoesstroop uit Indië