Lestowan Stowan Visser het vier dae gelede ‘n plasing op sosiale media gemaak dat hy nie sy Nasionale Senior Sertifikaat sal kry nie.
Sonder om te skroom het hy die nuus gedeel terwyl soveel matrikulante die nuus oorheers het met hul uitslae wat gevier word.

Sedert die jongman sy plasing gemaak het, het boodskappe ter ondersteuning vir hom ingestroom.
Boodskappe dat mense hom met inligting kan bystaan, dat hy in die regte kopspasie is, dat hy ander bemoedig en vele meer.
Mediahuise het reeds aangeklop om onderhoude met hom te doen en daarvan sê hy: “As jy voel dis die einde van jou lewensreis dan kom JESUS altyd vir jou deur.”
Intussen deel hy bemoedigende boodskappe, sowel as boodskappe van persone wat moontlik ondersteuning nodig het.
Hy het ook die volgende boodskap van Valthina Tiena gedeel, wat gerig is aan matrieks wat nie suksesvol was in die klas van 2022 nie:
Ek wil gou iets deel met die matrieks wat dit nie gemaak het vandag nie😭
Jy’s nie ‘n mislukking nie masekint infact is ek super trots op ju😍
Hkm?
Want wietj wat masekint jyt deurgedruk jyt elke oggend opgestaan reg gemaak jyt gestudy man jy was da en kla! Jyt dinge deurgemak bydi skool wat nie maklik was nie daar was goed wat jy nie verstaan it nie daar was kinnes wat ju afgedruk it daar was personal goed daar was huis probleme soms wil jy opgegie it want baie dink isi worth it nie ma wat het jy gedoen man jyt dai uithouvermoë gehad jys moes bid deur dik en din 🌏🤞 ma die here het ju nooit verlaat nie deur gunskote gevare gangsters wati kinnes ytlok het jy verby gekyk en die pad stryd gestap😏
Net om vedag te ko meet toe jy jou koevert ontvang dat jy dit nie gemakit nie ander lag en huil en skree van blydskap en jou hart voel die aarde kan ju insluk mense vra het jy geslaag dan se jy nee Dan kyk mense neer op ju 👎☹️
Masekint jys veel beter as die gene wat beslyt it tot hier toe eni verder nie jyt die reisbaan voltooi man en dis hkm ek super trots is op ju jyt die stryd van skool oorwin en onthu God gan ju nie daar laat nie want dis nie ju final destination nie as jy geloof en glo sal God ju nog hoogtes invat❤️🙏💯
Kom Masekint dis nie jou einde nie vra vrae doen aansoek om oor te skryf los die Gap jaar gan maak klaar want jyt drome om te bereik
Eks super trots op ju
Tina_se_soe!!❤️❤️❤️💯
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



