‘n 35-jarige sersant van die SAPD wat gestasioneer is by Newcastle se honde-eenheid is op 13 Januarie 2023 vir beweerde dronk- en roekelose bestuur in hegtenis geneem.
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris in KwaZulu-Natal, het die persoon wat die video-opname gemaak het van die polisielid wat op die N3 Hoofweg na Pietermaritzburg ry, geprys.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê interne dissiplinêre stappe is glo reeds teen die lid ingestel.
In die video-opname wat wyd op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe ‘n gemerkte voertuig van die honde-eenheid met spoed ry, padreëls verontagsaam en boonop ander voertuie stamp.
Lt.genl. Mhwanazi het die aksies van die sersant wat ten tyde van die video aan diens was, veroordeel en sy gedrag as barbaars beskryf. Hy het voorts gesê daar is nie plek vir polisiebeamptes wat nie self die wet nakom nie.
“Police officers carry the hopes of the nation and we cannot afford to have members within our ranks whose behaviour and actions seek to reverse all the gains that hard-working police officers have attained in restoring people’s trust in the police. His actions are totally against what we stand for as the police in this province and applicable disciplinary actions will be meted against him. His case study will serve as a deterrent to other police officers who might have been having delusional thoughts that police’s internal disciplinary actions have gone soft,” het lt.genl. Mkhwanazi gesê.
Die kommissaris het verder ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om lede te ontbloot en te rapporteer wat hulself aan onprofessionele gedrag skuldig maak wanneer hulle aan diens is.
“No police officer must transport his children to and from school using a state vehicle, no police officer is allowed to do shopping with a state vehicle. Such rogue elements must be reported and proportionate actions will be taken against those who trespass the prescripts of the service. Police officers must uphold professional standards at all times and state resources, including vehicles and other tools of policing, must be used with responsibility and be properly managed without fail”, het die provinsiale kommissaris mee afgesluit.
Onprofessionele gedrag, onwettighede van lede en versuim om hul pligte na te kom, kan by Stop Misdaad rapporteer word by 08600 10111. Anonieme wenke kan deur die MySAPS App. gerapporteer word.



