‘n Vrou (56) van Phoenix in KwaZulu-Natal het na bewering vroeër vanmiddag probeer selfdood pleeg deur haarself te skiet.
Reaction Unit South Africa het ‘n oproep vir hulp van die vrou se seun (25) ontvang. Hy was tydens die skietvoorval teenwoordig en het gesien wat gebeur.
Paramedici en reaksiebeamptes was ongeveer 14:00 op die toneel. Die vrou het hewig van ‘n wond aan haar laer buik gebloei.
Twee handwapens en verskeie .38 rondtes is langs haar gevind. Dit is deur die reaksiebeamptes verwyder wat eers die toneel beveilig het vir paramedici om mediese hulp toe te pas.
Volgens die vrou se seun het sy haarself glo vroeër die week uit ‘n hospitaal ontslaan. Na bewering het sy vroeër vandag gevra om haar oorlede man se wapens te sien, omdat haar voorletters glo op die loop van die vuurwapens gegraveer sou wees.
Toe die wapens aan haar oorhandig is, het sy glo met haar seun begin baklei, waarna sy een van die wapens self gelaai en haarself geskiet het.
Sy is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



