SA Truckers het ‘n video-opname van ‘n dashcam gedeel wat wyd op sosiale media versprei word.
In die video kan gesien word hoe ‘n bakkie ry en dan in die linkerbaan inbeweeg. ‘n Slag kan gehoor word, waarna ‘n taxi met ‘n sleepwa aan die regterkant van die bakkie op die skerm verskyn.
Dit is duidelik dat die taxi teen die kant van die bakkie gebots het. Die taxi verloor beheer en rol drie keer.
Die bakkie kom tot ‘n goed beheerde stilstand net nadat dit die taxi, wat gerol het, verbygegaan het.
FiND iT het nie inligting op watter pad hierdie insident plaasgevind het of die oorsprong van die video nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



