Sewe beseer in botsing tussen taxi en motor

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie mense is Dinsdagmiddag in ‘n botsing tussen ‘n minibustaxi en ‘n maroen Toyota Corolla op die M27 in Waterloo, KwaZulu-Natal, beseer.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 15:15 na die toneel ontbied.

Die bestuurder van die motor het ernstige beserings opgedoen en ses passasiers van die taxi is beseer.

Die beseerdes is met ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem.

Dis nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.