Die bekende radiopersoonlikheid Mark Pilgrim het Dinsdag moedig in ‘n plasing op sosiale media vertel dat alhoewel hy “baie maer” is, hy steeds die einddoel in sig het – hy, Adrienne, hulle dogters en ‘n toekomstige golden retriever op die strand.
Pilgrim, wat in Februarie verlede jaar vir die tweede keer met kanker gediagnoseer is, deel gereeld plasings oor sy vordering en behandeling.
Hy is vroeër die maand uit die hospitaal ontslaan nadat hy vir twee maande behandeling ondergaan het.




