Burgemeester dreig Eskom met regstappe oor water

Deel hierdie storie / Share this story

Nelson Mandelabaai se burgemeester dreig om met Eskom hof toe te gaan indien beurtkrag by Churchill-dam en die waterbehandelingsaanleg voortduur.

Retief Odendaal, die burgemeester van NMB, het vanoggend in ‘n plasing op sosiale media gesê dat watertenkers deur die loop van die oggend ontplooi sal word. Die ligging van die watertenkers sal gekommunikeer word.

Hy sê voorts dat daar lae waterdruk en wateronderbrekings in die areas Heatherbank, Emerald Hill en Greenbushes sal wees. Hy vra verskoning aan inwoners vir die ongerief.

Dit volg nadat beoogde planne nie verloop het soos wat dit moes nie en die tekort in die sisteem voortduur.

Die hoë aanvraag deur inwoners is volgens hom uitdagend. Hy sê egterdie situasie word deur Eskom vererger. Die Churchill-dam en waterbehandelingsaanleg asiliteit was gister vir agt ure aan beurtkrag onderwerp, terwyl die energieverskaffer ‘n aanspreeklikheid teenoor NMB gehad het.

Die burgemeester het te kenne gegee dat hy persoonlik gaan intree in ‘n poging om te verhoed dat die fasiliteit weer beurtkrag sal hê.

“If they refuse the City shall proceed to go to court on the matter.”

Pogings is aangewend om meer water na die Emerald Hill-reservoir te stuur en minder na ander reservoirs om die situasie te probeer verbeter.

Inwoners en besoekers word gemaan om water spaarsamig te gebruik.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.