Seun (11) se pa spoor rower op wat seun vasbind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong man (19) is in hegtenis geneem in verband met ‘n huisroof wat gister in Trenance Park in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Rusa-lede is omstreeks 08:40 uitgeroep na ‘n toneel waar ‘n groot groep ontstelde gemeenskapslede by die verdagte was. Die 11-jarige seun wat tydens die huisroof vasgebind was, se pa het die verdagte vasgetrek.

Die verdagte het glo aan Rusa-lede gesê dat hy en sy broer verskeie huisrowe in Trenance Park uitgevoer het.

Die verdagte is glo tydens die inhegtenisname beseer.