Inwoners van Gauteng word gewaarsku om gereed te maak vir warm temperature die week.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n hittegolf-waarskuwing uitgereik vir Gauteng en KwaZulu-Natal. Die hittegolf sal na verwagting Dinsdagmiddag begin verbeter, maar dit kan langer voortduur.
Die weerdiens het gevra dat inwoners gehidreer moet bly om hitte-uitputting te vermy. Dit volg na sewe plaaswerkers op Kakamas oorlede is aan die gevolge van hitte-uitputting.
Bronne: EWN, The Citizen, Jacaranda FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Hof keur Atul Gupta se aansoek om paspoort te hernu af



