Atul Gupta se aansoek om sy Suid-Afrikaanse paspoort te hernu, is afgekeur deur binnelandse sake omdat hy ’n voortvlugtige van die gereg is.
Gupta is steeds ’n Suid-Afrikaanse burger. Lede van die Gupta-familie het na Dubai gevlug nadat die sogenaamde “Gupta Leaks” hulle verhoudings met amptenare bekendgemaak het.
Gupta en sy broer Rajesh het geweier om terug te keer na Suid-Afrika ten spyte van lasbriewe vir hulle inhegtenisname wat uitgereik is.
Bronne: eNCA, George Herald, SA People
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Hittesterftes – departement stel voor plaaswerkers werk laat of vroegoggend



