Hittesterftes – departement stel voor plaaswerkers werk laat of vroegoggend

Deel hierdie storie / Share this story

Sewe plaaswerkers van Kakamas is glo verlede week oorlede weens die gevolge van hitte-uitputting.

Die minister van indiensneming en arbeid het ’n dringende ondersoek aangevra na die dood van die sewe plaaswerkers terwyl hy sy meegevoel met hulle families uitgespreek het.

Volgens die departement se inspekteurs moes werkgewers ’n assessering doen om gevare te identifiseer en werkstye aan te pas, veral in die geval waar die gevaar bestaan dat die temperatuur tot 51ºC kan styg.

Die inspekteurs het voorgestel dat plaaswerkers van 04:00 to 11:00 werk en dan weer vanaf 17:00 tot 19:00.

Bronne: Times LIVE, EWN, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Inwoners val verdagtes wat elektrisiteitskabels steel by hospitaal aan