Slegs ’n paar ure na Eskom permanente beurtkrag aangekondig het, het hulle van deuntjie verander en gesê die media het verkeerd verstaan.
Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshasha het gesê permanente fase 2- en fase 3-beurtkrag was ‘n oorweging, maar dat dit nie moontlik is nie, want Eskom kan nie waarborg dat hulle op die lae vlakke kan bly nie.
Die verwarring is veroorsaak toe die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana, gesê het die plan is om permanente beurtkrag in te stel om kragstasies reg te maak en te verbeter en om voorspelbaarheid te gee aan die beurtkragskedules, aangesien dit nie goed is vir die ekonomie om heeltyd van fases te verander nie.
Makwana het gesê hulle gaan moontlik vir werknemers ’n bonus gee om moraal op te bou sodat hulle werk kan verbeter.
Bronne: Daily Maverick, All Africa, Shava TV
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Regering sê dit vertrou elektrisiteitskrisis word hanteer



