Louis Liebenberg preek kaalbas in die stort

Deel hierdie storie / Share this story

Louis Liebenberg het sosiale media aan die gons nadat hy onlangs ‘n video op Facebook gedeel het van waar hy kaal in die stort preek.

Liebenberg se vrou, Dezzi, het die video geneem. Die video begin met Dezzi se gesig soos wat sy deur die huis loop en noem dat sy gaan kyk of haar man klaar is met wat hy besig was om te doen. Sy loop dan die badkamer binne en die video fokus op Liebenberg in die stort.

Dezzi, met wie Liebenberg onlangs getroud is, laat haar man weet dat hy op kamera is.

“As jy met die volk praat, moet jou tottie reg wees,” sê Liebenberg terwyl hy homself afspoel.

Hy noem dan dat die stort die plek is waar “dinge gebeur” en waar die meeste helderste gedagtes en drome ontstaan. Hy kyk dan reguit in die kamera in en vra die kyker of hy/sy daardie oggend met God in die stort, bad, op die toilet of in die bed gekommunikeer het.

Die “kyker” was aanvanklik eers een van die 82 000 lede van die groep Forever Diamonds and Gold wat aan hom behoort. Die video is intussen egter verder versprei.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel