Man buite bank in kop geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

WAARSKUWING: INLIGTING EN FOTO’S NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE

‘n Man is Maandagoggend in sy kop geskiet en van ‘n onbekende som geld beroof net buite Standard Bank in Verulam, KwaZulu-Natal. Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die voorval in Wickstraat plaasgevind.

Verskeie besighede en die publiek het Rusa omstreeks 09:20 van die voorval in kennis gestel.

Beskikbare Rusa-lede is na die toneel ontbied waar die slagoffer op die sypaadjie gelê het met ‘n skietwond aan sy kop. Hy is op die toneel behandel voor hy na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Volgens getuies was die slagoffer en ‘n kollega ‘n paar meter van die ingang van die bank toe twee gewapende verdagtes hulle voorgekeer het. Een van die verdagtes het twee skote afgevuur en met twee sakke geld weggejaag.

Die slagoffer se kollega is nie beseer nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel