Pasgebore baba verlate gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pasgebore baba is Maandagoggend oorkant Phoenix-polisiestasie, Brayford, Sunford, in KwaZulu-Natal naby ‘n heining gevind.

KZN VIP Protection Services sê mnr. Farouk Bobat het die baba hoor huil, waarna ‘hulle om 09:22 ‘n oproep vir hulp gekry het.

Bobat en ander gemeenskapslede het vinnig reageer en die babaseun by ‘n heining aan die ander kant van die Phoenix-hoofweg, oorkant sy huis, aangetref.

Verskeie eenhede, die SAPD ingesluit, is na die toneel. Die baba is veilig in die sorg van KZN- VIP mediese beamptes gelaat.

Denzil Govender, van Ground Zero Search and Rescue, sê die baba is in versengende hitte agter ‘n muur gevind. Die baba is na Mahatma Gandi-gedenkhospitaal vervoer vir dehidrasiebehandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.