Driejarige deur vragmotor raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Driejarige kind is Maandagmiddag op die M27 Waterloo, KwaZulu-Natal deur ‘n vragmotor raakgery.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) was die driejarige in haar ma se arms toe die ongeluk plaasgevind het.

‘n Verbyganger het die ma en haar kind na Rusa se hoofkantoor geneem. Die ma het verduidelik dat sy die pad oorgesteek het toe die vragmotor in die noodbaan ingery het. Die kant van die vragmotor het die kind op haar kop en haar voete getref.

Die kind het ligte beserings opgedoen, maar is na ‘n hospitaal geneem vir mediese evaluasie.

Die vragmotorbestuurder het glo nie na die voorval gestop nie.