’n Manlike onderwyser by die Primêre Skool Siboniwe in Kwa-Mhlanga is geskors en in hegtenis geneem na aantygings van verkragting, seksuele mishandeling en kinderpornografie teen hom aan die lig gekom het.
Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy jong seuns by die skool seksueel mishandel en verkrag het.
Die 48-jarige verdagte is Saterdag in Springs in hegtenis geneem en sal Maandagmiddag in die Kwa-Mhlanga-landdroshof verskyn.
Die Mpumalanga-onderwysdepartement het die onderwyser geskors terwyl hulle ondersoek instel. Die departement het gesê die kinders wat geraak is, sal berading ontvang.
Bronne: IOL, SABC News, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man beskuldig van bestuur van kinderseksring, pleit onskuldig



