‘n Bejaarde vrou (75) is glo Sondag 22 Januarie 2023 in haar huis op Riversdal in die Wes-Kaap verkrag.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die vermeende verdagte is bekend aan die slagoffer.
Hy het na bewering die huis binnegegaan, haar aangerand en daarna verkrag.
Die bejaarde is vir mediese versorging na ‘n hospitaal geneem waar sy steeds is.
Daar is ‘n soektog na die vermeende verdagte (19) geloods, waarna hy Maandagoggend opgespoor en in hegtenis geneem is.
Die verdagte, wat steeds in aanhouding is, sal na verwagting Woensdag 25 Januarie vir die eerste keer in die Riversdal-landdroshof verskyn.
Die saak word deur Mosselbaai-GKS ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



