Baba oorleef ongeluk waarin ma sterf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou het gister in ‘n ongeluk op die N3 net verby die Lions River-afrit in KwaZulu-Natal gesterf. Haar babadogter het die ongeluk oorleef.

Midlands EMS sê hulle het kort na 14:00 oproepe oor die ongeluk ontvang.

Met aankoms op die toneel is gevind dat ‘n motorvoertuig in die agterkant van ‘n stilstaande vragmotor in die noodbaan gebots het.

Die vrou is alreeds dood gevind, terwyl haar 8 maande oue baba, wat in haar motorstoeltjie was, die ongeluk oorleef het. Die baba is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici op die toneel gestabiliseer voordat sy in ‘n ernstige toestand na ‘n hospitaal geneem is.

Alle owerhede was op die toneel teenwoordig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.