Massagraf met 37 onthoofde geraamtes ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

Argeoloë het onlangs ‘n massagraf van vermoedelik 7 000 jaar oud in Slowakye ontdek.

Altesaam 37 van die 38 geraamtes wat in die graf ontdek is, was onthoof. Die persoon wat nié onthoof is nie, was ‘n kind onder die ouderdom van ses jaar.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledenes na hulle dood onthoof is. Argeoloë probeer nou vasstel waarom die persone onthoof is. – Business Insider

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel