Soektog na seun se liggaamsdele voortgesit

Deel hierdie storie / Share this story

Die soektog na die vermiste liggaamsdele van Philasande Shange (7) het Sondag 22 Januarie 2023 op versoek van sy familie plaasgevind en sal vandag hervat word.

Reaction Unit South Africa is Sondagoggend 08:00 deur Philasande se familie gekontak om te help soek na sy vermiste liggaamsdele, nadat hulle tradisionele genesers besoek het en daar beweer word dat die res van sy liggaamsdele moontlik naby hul woning begrawe kan wees.

‘n Soektog deur die polisie se honde-eenheid en Reaction Unit South Africa het sover niks opgelwer nie. ‘n Helikopter van Reaction Unit South Africa sal vanoggend help met die soektog.

Philasande het Donderdag 5 Januarie 2023 vermis geraak naby sy huis in Ntshawini in KwaDukuza, Stanger, KwaZulu-Natal.

Sy kop en been is deur sy familie en die polisie in ‘n stroom gevind, nadat die familie Sondag 10 Januarie ‘n selfoonboodskap van ‘n onbekende selfoon ontvang het.

Die familie het meer boodskappe ontvang wat hulle ingelig het dat die res van die seun se liggaamsdele na bewering in Mosambiek verkoop is.

Die familie is ook gedreig om die gebied te verlaat.

Lees meer:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.