Perderuiter-broers saam oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Jovan (15) en Werloe Kleyn (20), twee perderuiter-broers van Potchefstroom in die Noordwes-provinsie, is Vrydagaand 20 Januarie om ongeveer 18:00 op die Modderdampad in ‘n motorongeluk oorlede.

Werner en Linta Kleyn het beide hul seuns saam verloor.

In huldeblyke wat instroom, word die voortreflikheid van twee raakvat-seuns beskryf.

Daar word geskryf dat Werloe altyd ‘n glimlag gehad het en Jovan met drukkies wat onthou word. Die seuns sowel as hul pa was kranige perderuiters.

North West Western Mounted Games (SAWMGA) het die dood van die twee broers in ‘n Facebook-plasing betreur. Die twee broers was raakvatters vir die perderuiter-organisasie wat as “2 wonderlike gentlemen” beskryf word.

Lees Johane Goosen se plasing op die SAWMGA Facebook-blad hier:

Julle leemte is nie ‘n werklikheid nie πŸ’” hierdie harde nagmerrie wil nie insink nie πŸ’”β€¦
Ek kan ongelukkig nie hierdie volgende boodskap uit ‘n opjektiewe “slegs Noordwes WMG” oogpunt skryf nie πŸ§‘β€¦ want Noordwes het nie net 2 uistekende ruiters verloor nie 🐴 maar 2 van ons “perde-boeties” πŸ₯Ίβ€¦ hulle hande het vir niks verkeerd gestaan nie πŸ’”β€¦ elke qualifier is die Kleyn boeties daar om hulle pa te help om baan op te slaan, tafels aan te dra, timers op te slaan… πŸ’ͺ…
Elke liewe perde dingetjie was hulle daar πŸ€—β€¦ met ‘n glimlag, ‘n Jovan drukkie (so drukkie dat jy sukkel om jou asem terug te kry πŸ˜„), ‘n regte Werloe Kleyn opmerking πŸ˜† met sy altyd-bly-smile πŸ˜β€¦
Oom Werner Kleyn , tannie Linta πŸ€—β€¦ Ons kan nie genoeg dankie sΓͺ vir hierdie 2 wonderlike “gentlemen” wat oom-hulle met ons ook gedeel het nie πŸ₯° Daar is niemand wat hierdie “Kleyn-gaatjie” weer sal kan vol maak nie (pun intended)πŸ˜„πŸ˜‰β€¦ Hulle was aboslute wonderlike mans en het, vir elkeen wat hulle nagelaat het, net goeie herinneringe gelaat πŸ₯°β€¦ Hulle het nie net op die perdegemeenskap ‘n nuwe familie gemaak nie πŸ€—β˜ΊοΈ maar letterlik aan elkeen met wie hulle begin pelle maak πŸ₯°

Rus sag ons Kleyn-boeties πŸ€—πŸ₯Ί

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.