Polisielede aangeval toe hulle stilhou om te help

Deel hierdie storie / Share this story

’n Lid van die SAPD in Mpumalanga is geskiet en gewond nadat hy en ’n kollega stilgehou het om ’n gestrande motoris te help.

Die polisie se woordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, het ges die twee beamptes was op patrollie toe hulle stilgehou het om ’n motoris te help wie se kar gebreek het. Terwyl hulle die motoris gehelp het, het ’n tweede voertuig naby hulle stilgehou.

“Die polisiebeamptes het ondersoek gaan instel en besef die pad is met klippe geblokkeer. Toe hulle besig was om die klippe te verwyder het sewe gewapende verdagtes skielik uit die bosse gekom en op hulle begin skiet. Die polisiebeamptes het teruggeskiet en een polisiebeampte is gewond.”

Die beseerde polisiebeampte herstel steeds in die hospitaal.

Bronne: IOL, 247 News, Exonomy24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Los Angeles-polisie gedagvaar oor onderwyser se dood