‘Ek wil vir God ‘n drukkie gee en nooit weer ly nie,’ lui dogter se selfdoodbrief

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Familie van Atlanta, Georgia is stukkend na die selfdood van ‘n 17-jarige tienermeisie wat haar stryd teen depressie verloor het.

Edward J Bryan het Donderdag op Facebook gedeel dat hy sy dogter Valeria verloor het.

“Gisteraand het my pragtige dogter Valeria haar lang stryd teen depressie verloor. Ons familie is platgeslaan en vra vir gebed. Sy het drie van ons saam met haar graf toe geneem. Het nooit geweet een mens kan soveel seer ervaar nie. Here, kom gou.”

In die plasing het Bryan ‘n foto van sy dogter en ‘n foto van haar selfdoodbrief gedeel.

Haar begrafnis vind Saterdag plaas.

Bryan het ook saam met ‘n foto van sy dogter ‘n hulplyn gedeel vir mense wat met depressie sukkel.

As jy of iemand na aan jou selfdoodgedagtes het, kontak die Suicide Helpline by 0800 567 567.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel