Los Angeles-polisie gedagvaar oor onderwyser se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van Keenan Anderson, ’n man wat dood is in polisieaanhouding nadat hy herhaaldelik met ’n skokstok geskok is, dagvaar die Los Angeles-polisiedepartement vir $50 miljoen.

In die beeldmateriaal wat die polisie vrygestel het, smeek Anderson vir sy lewe en skree: “Hulle probeer my George Floyd!”

Anderson is op 3 Januarie in hegtenis geneem nadat hy glo iemand raakgery het, ’n kar probeer kaap het en toe ’n ongeluk veroorsaak het.

Die polisie het Anderson in hegtenis probeer neem, maar hy het die inhegtenisneming teengestaan en probeer weghardloop. Daarna is ‘n skokstok verskeie kere op hom gebruik.

Anderson is vier uur later in die hospitaal oorlede nadat sy hart gaan staan het. Daar is dagga en kokaïen in sy bloed gevind.

Bronne: BBC, Ghanamma, The Daily Cable

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Londense polisiebeampte pleit skuldig op 24 verkragtingsaanklagtes